Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
Liewe leser
Tuis
Ons lesers sê
Haal uit en wys! • Bereik nuwe hoogtes met kleur, tekstuur en lig.
wat’s nuut
Plaasvars! • Met inspirasie uit die omgewing het twee stedelinge die karakter van ’n plaasgebou op ’n sjarmante Swartlandse dorpie in ere herstel.
HERWIN & HERGEBRUIK VIR nuwe lewe • Toe Deidre Causton ’n ou kothuis in ’n tuinateljee omskep het, kon sy uit jare se ontwerpervaring put en ’n tuiste vir al haar kosbaarhede vind.
KREATIEWE tuiskoms • Met Kaapstad as hul keuse om wortel te skiet, het dié vernuftige paartjie hul nuwe blyplek na hul smaak ingerig.
GROENTJIES LAAT ’n klein spoor • Ondanks hul gebrek aan ervaring kon dié paartjie ’n eenvoudige dog selfonderhoudende blyplek diep in die Karoo skep.
Totaal R240 018
Ter wille van ’n nuwe dak
Laat die mure praat • In Florence de Vries se huis in Bellville kry haar liefde vir motiewe en helder kleure vrye teuels. Verf en plakpapier is haar geheime wapen.
Só hang jy selfklewende plakpapier • Skep ’n droommooi fokuspunt!
WONDERWERK op wiele • Te min spasie? Maak ’n verskuifbare kas wat as kamerverdeler én as kopstuk kan dien, met hope bêreplek in ses laaie en twee rakke!
Vra die kenners • Soek jy raad oor sakpas-maniere om jou huis op te kikker of hoe jy die uitleg van jou leefvertrek kan verbeter? Vra net – ons kry die antwoorde.
Kortliks
Dekordilemma
Ougoed of hougoed?
HIER’S DIE WENNERS! • Die kreatiwiteit en vernuf van die kampioene in al drie kategorieë het ons asem weggeslaan. Maar kyk self…
Trek weg of maak reg! • Dié Melville-huis sit vandag ’n byderwetse voetjie voor danksy ’n nuwe glas-en-staalstruktuur.
KOMBUIS
Trendy met staalvensters
Dieremaniere • Dinamiet kom in klein pakkies!
Pure pret! • Dalene Brown van Durban skryf Ek het onlangs my eerste hondjie gekry en soek raad oor die beste en veiligste speelgoed vir hom. Wat beveel julle aan?
Dié maand in jou tuin • Moenie dat ’n gebrek aan spasie jou hand met ’n plant verlam nie!
Tuinkopies
’n Oorvloed kleur! • As jou plek min is, maak soos Christo Calitz en skep ’n droomtuin met potte en hangmandjies!
Plante vir potte en hangmandjies
Raad vir ’n pottetuin
Muriel se honderdtal! • Wie sou kon raai hier groei meer as 100 rose in dié klein tuin? Met slim keuses en daaglikse versorging lyk dit vir maande aaneen mooi.
Vat ’n pakkie maalvleis… • ... en gaan op ’n geurreis om die wêreld – want wie’t gesê maalvleis is alledaags?
Wortelkoek, speel-speel
Spuitsakwenke
kos & drank • Tyd vir pret in die kombuis!
Kos is op die tafel! • 4 japtrap-aandetes wat beïndruk met hul geure.
Dowe dollas in die bos • Ore wat kan hoor is een ding, sê Karin Brynard, maar luister vra veel meer.